ADVERTISEMENT:

 

Daniél Coetzee van Hoërskool Louis Trichardt verbeter die rekord in die vryslag vir seuns O/16. Die geleentheid was die skool se interhuis-swemgala wat op 26 September in die swembad van Laerskool Soutpansberg gehou is. Foto verskaf.

Swemseisoen begin

 

Sport  Date: 05 October 2012

 

Die swemseisoen het in alle erns begin en swemmers het hul staal gewys tydens die eerste swemgala, die interhuis-swembyeenkoms van Hoërskool Louis Trichardt. “Die swemmers het die gala baie geniet en ons kon ook weer nuwe talent ontdek,” sê swemorganiseerder me. Ilze Coetzee.

Amorien Venter (DO/15) verbeter die borsslagrekord, terwyl Z. (Wors) Mulaudzi die vlinderslagrekord in die seuns O/15 ouderdomsgroep verbeter. Daniél Coetzee, sterk O/16-swemmer, laat die seuns se vryslag- sowel as borsslagrekord spat.

Die hoërskoolswemmers oefen elke middag om 17 :00 by die swembad van Laerskool Soutpansberg, asook Maandae en Woensdae om 13:45. “Ons nooi alle swemmers uit om saam te kom oefen. Ons wil ook ‘n beroep doen op Graad 6 en 7 swemmers om saam te kom oefen. Al is jy nog in die laerskool,  wil onsjou graag daar hê, sodat jy voorberei  om swem as ‘n sport in die hoërskool te  beoefen,” sê Coetzee. Laerskoolswemmers van Graad 6 en 7 het dan ook tydens die interhuis-swemgala geleentheid gehad om te swem.

Die volgende hoërskool swembyeenkoms is die interhoër swemgala in Polokwane op 11 Oktober. Hoewel dit in Polokwane plaasvind, tree Hoërskool Louis Trichardt tydens hierdie gala as gasheer op. Deelnemende skole sluit in Pietersburg Hoërskool, Hoërskool Eric Louw, Heuwelkruin, Stanford College, Pepps en Mitchell House.

Vir meer inligting rakende swem kan me. Ilze Coetzee by 084 616 5641 geskakel word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines