ADVERTISEMENT:

 

Klouter Kabouter Kleuterskool in Levubu het op 13 Oktober ´n uiters suksesvolle mini-Olimpiese Spele aangebied. Die Kabouters het op maat van die liedjie Chariots of Fire aangestap gekom en het vele met ´n knop in die keel gelos. Foto verskaf.

Klouter Kabouters hou Olimpiese Spele

 

Sport  Date: 18 October 2012

 

Klouter Kabouter Kleuterskool in Levubu het op 13 Oktober 'n uiters suksesvolle mini-Olimpiese Spele aangebied.

Die beheerliggaam van die skool het dit goedgedink om die dag aan te bied, aangesien die Olimpiese en Paralimpiese Spele hierdie jaar plaasgevind het.

Die doel van die dag was om die kleuters van kleins af oor toewyding te leer, net soos atlete leer om altyd hul beste te gee. Klem is ook gelê op deursettingsvermoë om vir die jongspan te wys dat harde werk nodig is om iets te bereik en dat hulle nie moet moed opgee nie.

Die belangrikste was egter dat die kinders, ouers en oumas en oupas die dag moes geniet.

Sonder borgskappe sou die dag egter nie moontlik gewees het nie. Derhalwe het die skool hul dank uitgespreek teenoor Tshakuma Spar, 100% KIDS, Surat Trading, Valley Farms, Green Farms, Levubu Vulstasie, Jaco Burger en Galindo Construction, asook die anonieme borge van die T-Hempies en die borduur daarvan.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines