ADVERTISEMENT:

 

Fees van provinsiale rugby op Levubu

 

Sport  Date: 16 August 2002

 

LEVUBU – Rugbygeesdriftiges kan uitsien na 'n fees van provinsiale rugby eerskomende Saterdag (17de) wanneer Limpopo Sentraal en Limpopo Noord teen mekaar te staan kom.

Die wedstryde tussen twee senior en twee O/23-spanne sal op Levubu se rugbyveld beslis word en vorm deel van die sub-unie kompetisie. Toegang beloop R10 per voertuig en 'n kontantkroeg, asook verversings sal beskikbaar wees. Daar sal ook braaipakkies te koop aangebied word. Bykosse en braaifasiliteite sal voorsien word. Die dag se verrigtinge sal afgesluit word met 'n dans in die rugbysaal.

Alle spelers en ondersteuners word uitgenooi om die wedstryde by te woon. Daar sal ook tydens die geleentheid reëlings getref word ten opsigte van die Levubu Rugbyklub se beplande rugbytoer na Botswana.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines