ADVERTISEMENT:

 

MAC Messina steeds aan die presteer

 

Sport  Date: 29 August 2003

 

MUSINA – Die MAC Messina Rugbyklub kan met reg trots wees op sy lede, nadat elf van sy spelers uitgenooi is om vanaf 21 tot 23 Augustus deel te neem aan die Sentraal Sub-unie Limpopo Streekspanne-kompetisie in Polokwane.

Morné Snooke, Eugene van Tonder (onderkaptein), Christiaan Gohen, Christiaan Duvenhage, Jacques Verster, Zander Coetzee en André Venter is almal gekies vir die O/23-span. Basie van der Merwe en Burt de Pradines is onderskeidelik as hoofafrigter en hulpafrigter van dié span gekies, terwyl Chris Gohen en Robbie Human onderskeidelik sal optree as spanbestuurder en spanbeampte.

Buiten vir die O/23-span, word Piet Esterhuizen, Shaun van der Merwe, Jaco van der Merwe en Jacques Venter almal in die senior span opgeneem.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines