ADVERTISEMENT:

 

Plaaslike stoeiers op pad na Roemenië

 

Sport  Date: 29 August 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Drie van die nege provinsiale stoeiers wat genooi is om na Roemenië te gaan, is afkomstig van die Louis Trichardt Stoeiklub. Stiaan Coetzee, Donny Pennells en Hendrik Theunissen, stoeiers wat reeds langer as agt jaar vir die klub en die Noordelike Provinsie stoei, is deur die Roemeense hoofafrigter, Ian Bichau, gekies om in Roemenië aan toernooie deel te neem en ook spesiale afrigting te ontvang.

Dié drie stoeiers is manne om mee rekening te hou. Stiaan Coetzee stoei al elf jaar vir die klub en het reeds in sy tweede stoeijaar die provinsie verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. In sy stoeiloopbaan verwerf hy 55 medaljes op provinsiale vlak.

Donny Pennells het oor die afgelope agt jaar 30 medaljes op provinsiale vlak verwerf. In 1999 is hy aangewys as die beste stoeier in die provinsie en in 2002 het hy in sy klub die meeste toernooie gestoei en gewen.

Hendrik Theunissen het reeds in die eerste jaar wat hy begin stoei het, 'n brons medalje tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verwerf. Hendrik het nog elke jaar aan al die provinsiale toernooie deelgeneem en spog met'n versameling van 23 medaljes.

Die drie plaaslike stoeiers oefen tans met groot entoesiasme vir hul toer na Roemenië wat in Desember sal plaasvind.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines