

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 21 December 2012
Die 17-jarige Erik Welman van Makhado (Louis Trichardt) vertrek op 26 Desember saam met die In2squash toergroep na Engeland.
Die toergroep bestaan uit 18 junior muurbalspelers van regoor Suid-Afrika. Eric, wat die provinsie se junior kampioen is, sal in die O/19-ouderdomsgroep meeding. Hy beskou dit as 'n besonderse eer om in dié span ingesluit te word.
Erik het onlangs die jongste speler in die geskiedenis geword wat die Soutpansberg Muurbalklub se klubkampioenskappe kon wen. Hy is tans 26ste gekeur in Suid-Afrika in die O/19-ouderdomskategorie.
Die groep sal vanaf 28 tot 30 Desember deelneem aan die Pontefract Junior Ope in West Yorkshire, vanaf 2 tot 6 Januarie aan die Britse Junior Ope in London en vanaf 7 tot 9 Januarie aan die Skotse Junior Ope in Edinburgh.
Erik het sy dank uitgespreek teenoor Deon en Magel Greyling van Summit Auto Body wat hom gehelp en motiveer het in sy muurballoopbaan. Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor al die borge wat dit vir hom moontlik maak om na London te toer, insluitend Anton en Marius Pretorius (Northgate Lodge), Conrad van Rensburg, Eben van Niekerk (Ulticon), Charl van der Merwe, Robert Abrahamse (Afana Cash loans), Lionel Smith, Willem van Wyngaardt, Zoutnet, Dunlop en Rampie Gilfillan.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
