

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 08 February 2013
Die Bridge Auto Uitnodigingsbyeenkoms wat op 2 Februarie by Laerskool Louis Trichardt aangebied is, is beskryf as een van die mooiste atletiekbyeenkomste in jare.
“Die atletiek was puik, die veld was lieflik na die reën, ons fasiliteite is opgegradeer en daar was a aangename gees. Die besoekende skole het die byeenkoms as puik georganiseerd beskryf,” het die skoolhof, mnr. Louis Linde, gesê.
Die deelnemende skole was Laerskool Tzaneen (TZN) en Laerskool Krugerpark (KP) van Mokopane. Laerskole Pietersburg-Oos en -Suid moes onttrek weens departementele byeenkomste.
Tydens die byeenkoms is 12 rekords verbeter, vyf elk deur leerlinge van Tzaneen en Krugerpark en twee deur Laerskool Louis Trichardt.
“Uitstaande prestasies was dié van Wilma Nel (KP) wat 913 punte op die ASA-tabel in die meisies O/11 gewigstoot behaal het en Sancha van Niekerk (TZN) met 729 punte op die ASA tabel in die meisies O/13 1500m nommer,” het organiseerder, me. Elzabé Stewart, gesê. Wilna is dan ook die beste senior veldatleet (meisie) en Sancha die beste senior baanatleet. Triegies se Nsuku Baloyi is die beste senior baanatleet (seun), met 758 ASA-punte vir die 75m hekkiesSO/12. LJ Fick van Laerskool Louis Trichardt is die beste senior veldatleet, met 654 ASA-punte vir gewigstoot SO/11.
Triegies se twee rekords is verbeter deur die O/10-atleet, Dewald van Graan, wat 1.21m hoog gespring het en Minelise Reynders (O/12), wat die diskus 20.43m gegooi het. Verder het die Triegie-atlete 35 eersteplekke, 33 tweedeplekke en 38 derdeplekke behaal.
Louis Trichardt en Krugerpark was die enigste twee laerskole wat aflosspanne ingeskryf het. Triegies wen sewe van die aflosse en Krugerpark vyf.
Die borg van die byeenkoms, mnr. Rampie Gilfillan van Bridge Auto en GWM Limpopo, het sy tevredenheid met die byeenkoms uitgespreek. “Dit is die eerste jaar dat ons as borg optree. Dit is vir ons ‘n voorreg dat ons genooi is om dit te doen,” het Gilfillan gesê. Die nuwe telbord is ook deur Bridge Auto geborg.
“Bridge Auto en GWM Limpopo, die Triegies sê duisende dankies vir julle groot lojaliteit teenoor ons skool en gemeenskap,” het mnr. Greg Stewart namens die kinders gesê.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
