

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 07 March 2013
“Ons wil mense van die dorp aanmoedig om by ons aan te sluit en ook aan die meestersatletiek deel te neem,” sê Gideon Joubert van Makhado (Louis Trichardt) na sy eerste meestersatletiekbyeenkoms.
Gideon het een goue en twee silwer medaljes huis toe gebring na afloop van die Gauteng-Noord meestersatletiekbyeenkoms op 23 Februarie.
Joubert (41) wen goud in die 110mH in ‘n tyd van 16.24 sekondes, slegs 0.7 van ‘n sekonde vinniger as die kwalifiserende tyd (16.96s) vir Suid-Afrikaanse kleure vir die meesterskategorie 40 tot 44 jaar. Hy het ook twee silwer medaljes op die Pilditch stadion losgehardloop, die een vir 100m (12.1s) en die ander vir 400m (58.4s).
Nog ‘n meestersatleet van die dorp is Jolandé Viljoen, wat ook op 41-jarige ouderdom besluit het om vir die eerste keer aan die Noord-Gauteng meesters deel te neem. Sy stap weg met drie medaljes: silwer vir verspring (3.66m), brons vir 100m (14.22s) en brons vir die 200m (30.3s). “Dit was vet pret en ek weet daar is meer mense in die dorp wat kan gaan deelneem, veral in die velditems,” sê Viljoen en voeg by dat die atmosfeer meer sosiaal en nie-kompeterend is.
“Daar was ‘n 86-jarige tannie by die meestersatletiek wat naellope gedoen het en stof in die 50-jariges se oë geskop het!” sê Viljoen. “Dis bemoedigend om te sien hoe mense, ongeag van ouderdom en die intimiderende gevoel wat die ouderdom meebring, tog gaan meeding,” sê Joubert.
Beide Joubert en Viljoen oefen reeds sedert Augustus verlede jaar. Joubert gaan op 23 Maart aan die Noordwes meestersatletiek op Rustenburg deelneem en stel sy visier op die 100m, 200m, 110mH en 400mH. Die SA’s is in Mei op Oudtshoorn.
“Ons sal kyk tot waar ons kan gaan. Ek wil graag nasionale kleure verwerf, ” sê Joubert. Op hoërskool het hy vir die Wes-Kaap deelgeneem in die 110mH en die 400mH. As student het hy vir Maties gehardloop en was die Westelike Provinsie se senior manskampioen in die 110mH, met ‘n tyd van 14.3s. Joubert het atletiek by beide Laerskool – en Hoërskool Louis Trichardt afgerig.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
