ADVERTISEMENT:

 

Lanel van Nieuwenhuizen en haar perd, Shameen, afgeneem tydens ‘n vorige byeenkoms. Lanel gaan op Shameen deelneem aan die komende Drie Nasies-uithouritkampioenskappe as lid van die senior nasionale span. Foto verskaf.

Lanel op pad na Drie Nasies as nasionale spankaptein

 

Sport  Date: 05 April 2013

 

Die 21-jarige Lanel van Nieuwenhuizen van Makhado (Louis Trichardt) is gekies om Suid-Afrika se senior nasionale span te verteenwoordig tydens die Drie Nasies-uithouritkampioenskappe oor 120km wat op 3 Mei te Fauresmith gehou word.

Buiten vir haar deelname is Lanel ook aangewys as die land se spankaptein. Verskeie ander lande stuur tydens die kampioenskap hul beste ruiters om te kom deelneem.

Lanel is op die ouderdom van 14 die eerste keer vir die junior nasionale span gekies en op 15 jaar het sy reeds haar permanente junior nasionale nommer gehad. Sedertdien  het sy die land twee tot drie keer per jaar op nasionale en internasionale vlak verteenwoordig. Op die ouderdom van 16 het sy vir die senior nasionale span begin ry en op 17-jarige ouderdom is sy deur ERASA (Endurance Racing South Africa Association) aangewys as die beste senior Suid-Afrikaanse ruiter.

Lanel is tans ‘n derdejaarstudent in B.Com finansiële bestuur aan die Universiteit van Pretoria (UP). Sy gee ook onderrig hulp aan tweedejaar rekeningkunde studente by die universiteit. In 2010 het sy by Stanford Lake College gematrikuleer. Om fiks te bly, hardloop Lanel en sy het die afgelope naweek saam met haar broer en oefenmaat, Liaan, vir die tweede keer aan die Two Oceans halfmarathon deelgeneem. Hul tyd was een uur en 49 minute.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines