ADVERTISEMENT:

 

MAC Messina stuit Levubu

 

Sport  Date: 21 June 2002

 

MESSINA – Levubu se eerste en tweede rugbyspanne het Vrydag (14de) ietwat die wind van voor gekry, toe hulle albei hul wedstryde teen MAC Messina verloor het.

Reeds vroeg was dit duidelik dat MAC Messina voorbereid was vir hul besoekers. Messina se eerste span klop Levubu met 21 punte teenoor 13. Messina het drie drieë gedruk, terwyl Kevin Gilbert en Fanie Vosloo elk een drie druk vir Levubu. Die res van Levubu se punte is aangeteken deur Niel de Fin in die vorm van 'n strafskop.

In die wedstryd tussen Messina en Levubu se tweedespanne, het MAC Messina nie minder nie as ses drieë gedruk om 'n gemaklike oorwinning te verseker. Levubu se enigste punte is aangeteken deur Fanie Vosloo in die vorm van 'n drie. Die Speler van die Wedstryd in die eerste- en tweedespan wedstryde was Christiaan Duvenhage en Bradley Warren onderskeidelik.

MAC Messina se hoofborg, mnr. Follie van Zyl, het na afloop van die wedstryde aangekondig dat hy voortaan die klub sal borg vir elke drie wat hulle druk. Die klub sal eerskomende naweek te staan kom teen Duivelskloof in 'n tuiswedstryd. Levubu sal op hulle beurt Saterdag (22ste) te staan kom teen Potgietersrus op Potgietersrus se veld. Op 29 Junie sal Levubu te staan kom teen Phalaborwa in 'n wegwedstryd.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines