ADVERTISEMENT:

 

Rolbalspelers trek saam by Tshipise

 

Sport  Date: 21 June 2002

 

TSHIPISE - Sowat 150 rolbalspelers van regoor Suid-Afrika, sommige van so ver as Kleinmond en Kaap Augulhas, het vanjaar weer hier saamgetrek vir deelname aan die Bosveld Bowls "Waar die Grotes Val" toernooi.

Die toernooi, wat vanaf Mei tot Julie strek, word jaarliks georganiseer deur mnr. Joe Viljoen van Virginia wat vier keer per jaar na die instandhouding van die baan kom omsien. Verder organiseer hy en sy vrou, Babs, ook borgdae en die enkels, pare, driespan en interdistrikte vierspan kompetisies. Met uitsondering van Sondae en Maandae, word daar gedurende dié typerk elke dag wedstryde gespeel tot drie sessies per dag.

Die wenner van vanjaar se enkels-kompetisies was mnr. Manie Viljoen van Wonderboom, terwyl Hannes en Lina Roode van Lichtenburg die pare-afdeling inpalm. Die span van Noordwes, bestaande uit Frik en Judy Bamberger, Chris Jacobs en Pieter van der Walt (almal vanaf Brits) het op hulle beurt die interdistrikte-kompetisie gewen. Manie Viljoen is ook aangewys as vanjaar se Sportman van die Seisoen, terwyl Annie Marais wegstap met die toekenning as Sportvrou van die Seisoen. Die driespan-kompetisie moet nog beslis word.

Volgens mnr. Athur Nieuwoudt, oordbestuurder van Aventura Tshipise, is die rolbalspelers 'n groot aanwins vir die oord en word spesiale pakkette aangebied vir persone wat langer as twee maande kampeer. Vanjaar se borge van die kompetisie was Die Sitrus Spens, Protea Holiday Club, Dairymaid, Aventura Spar (Messina), ABSA en Coca-Cola Fortune.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines