ADVERTISEMENT:

 

Bloues laat beker deur hul vingers glip

 

Sport  Date: 01 August 2003

 

POLOKWANE – Louis Trichardt se eerste rugbyspan was Saterdag, 26 Julie, ietwat ongelukkig om hul wedstryd teen Pietersburg Dorp te verloor in die finaal van die Hentie Serfontein-eersteliga.Maar niemand gee regtig om nie.

Louis Trichardt se eerstes het vanaf die afskop druk toegepas en in 'n vroeë stadium van die wedstryd deur die verdediging gebreek. Hul eerste drie is deur David Mupape gedruk, na 'n pragtige breekslag. Louis Trichardt het voortgebou op dié vroeë sukses en na ongeveer twintig minute speeltyd reeds 19-6 voorgeloop. Vir baie van Louis Trichardt se toeskouers was dit op daardie oomblik 'n uitgemaakte saak dat die dorp gemaklik met Pietersburg Dorp sal afreken.

Louis Trichardt se geluk het egter daarna gedraai. Pietersburg Dorp het teruggeveg en kort voor die einde van die wedstryd 'n drie gaan druk. Dit het 'n gelykoptelling van 39 punte elk tot gevolg gehad, wat beteken het dat tien minute ekstra speeltyd toegelaat moes word.

In hierdie stadium van die wedstryd was dit maak of breek vir beide spanne. Foute het beide spanne duur te staan gekom. Louis Trichardt kon daarin slaag om 'n verder twee drieë, deur onderskeidelik Holtman Fourie en Reuben Saayman, te druk. Pietersburg Dorp het egter die beste gebruik gemaak van die tien minute ekstra speeltyd en met die blaas van die eindfluitjie was die telling 60-49 in hul guns.

Vir Louis Trichardt het Holtman Fourie twee drieë gedruk, terwyl David Mupape, TE Smit, Werner Breytenbach, Rudie Boucher, Reuben Saayman en Alistor Prince elk een drie gedruk het. Kosie Alberts het drie doelskoppe en een strafskop deur die pale gestuur. Die klub het hul dank uitgespreek teenoor al die spelers en veral hul hoofafrigter, Franna Knoetze, vir hul harde werk die afgelope seisoen.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines