ADVERTISEMENT:

 

MAC Messina is tweedeliga kampioene

 

Sport  Date: 01 August 2003

 

POLOKWANE – Die vreugdevure het Saterdagaand hoog gebrand hier, met die MAC Messina se tweedespan wat as kampioene in die Hentie Serfontein-tweedeliga huiswaarts gekeer het.

MAC Messina II het Saterdag met 'n wentelling van 25-17 koning gekraai oor die tweedes van Pietersburg Dorp in die finaal van die tweedeliga op die Peter Mokaba Stadion in Polokwane. Die span se drieë is gedruk deur Emile Venter (vleuel) en senters Eugene van Tonder en Anton de Bruin. Met die skopskoen het André Venter 'n verdere vyf punte op die telbord geplaas, in die vorm van 'n doelskop en 'n strafskop.

Intussen het die gemeenskap van Musina hul trots uitgespreek teenoor dié rugbymanne wat, te midde van die MAC Messina Rugbyklub se vyfjaarplan, reeds in die tweede jaar die liga wen. Die klub het ook hul eerstespan en sogenaamde "onder ouderdom"-span gelukgewens met hul prestasies die afgelope seisoen. Hulle het in die tweede jaar van die vyfjaarplan deurgedring na die semifinale rondte van die Super 6-reeks

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines