

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 25 April 2013
Twee plaaslike CrossFit entoesiaste is genooi om aan die Afrika-streeksuitdunne van die wêreldwye CrossFit Ope deel te neem.
Na vyf rondtes van die 2013 Reebok CrossFit Games Open kwalifiseer Felix Malan en Jennifer de Klerk van Makhado (Louis Trichardt) vir die streeksuitdunne wat van 24 tot 26 Mei op Ellispark in Johannesburg gehou word
In die meestersafdeling het Felix (40) reeds tweede in Afrika geëindig en 358ste in die wêreld. Die ope-afdeling het nog verdere uitdunne. Op grond van sy goeie prestasie is Felix gevra om aan die moordende Afrika mans ope (mans vanaf 16 jaar) deel te neem. "Ek en Danie du Preez, wat eerste in Afrika was, is gevra om in die mans ope mee te ding. Hulle gee nie om dat ons 'n bietjie ouer is nie," sê Felix. In die mans ope is hy 55ste op die leer geplaas en later 47ste.
“In die eerste vyf rondtes het hulle jou vermoë getoets. Nou gaan dit oor jou kapasiteit; die gewigte is byvoorbeeld swaarder. Ons het ons oefenprogram daarvolgens aangepas. Dit gaan ‘n ervaring wees om aan die Afrika ope deel te neem,” sê Felix.
Jenny (25) is baie opgewonde dat sy gekies is om aan die Afrika ope se vroue-afdeling deel te neem. Na die eerste vyf rondtes was Jenny 55ste in Suid-Afrika. “Dit was ‘n uitdagende ondervinding. Die grootste les wat ek daaruit geleer het, is een van nederigheid. Jy kan nie net op jou eie krag staatmaak nie. Dis 'n groot seën om te kan gaan. Ons oefen nou twee maal per dag en het ons dieet ook aangepas,” sê Jenny. Die eerste 50 of 60 word na die Afrika ope genooi.
Die ander plaaslike vrouedeelnemer, Rae Olwage (23), lê in die 129ste plek. Twee mansdeelnemers, Marcel van Niekerk (26) en Stoffel du Toit (23), het onderskeidelik 503de en 209de in die land geëindig. “Ek het dit vir die ervaring gedoen en dit was ‘n goeie ondervinding,” sê Marcel.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
