ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se eerste rugbyspan juig, nadat hulle 33-15 oor Nylstroom geseëvier het. Die laaste Super 16-poelwedstryde het op 13 April op Modimolle plaasgevind. Foto verskaf.

Triegies se eerstespan eindig bo-aan punteleer in Super 16

 

Sport  Date: 26 April 2013

 

Die rugbyspanne van Hoërskool Louis Trichardt gaan van krag tot krag en drie van die spanne is Super 16-groepwenners.

Die laaste Super 16-poelwedstryde het op 13 April in Modimolle plaasgevind met Hoërskool Nylstroom as teenstanders.

Triegies se eerstespan het Nylstroom 33-15 kafgedraf. “Die seuns het regtig baie goeie rugby gespeel. Veral in die tweede helfte het ons Nylstroom moeg gehardloop en hulle onder druk geplaas, sodat hulle begin foute maak het. Dit is die eerste keer in drie jaar dat Triegies se eerstespan vir Nylstroom wen,” sê hul trotse afrigter, mnr. Coenie de Lange.

Die ander Super 16-groepwenners is die O/16’s, wat 32-12 oor die Nylies seëvier en die O/15’s, wat 17-7 wen. Die O/14’s verloor 12-20 teen Nylstroom en neem ‘n tweedeplek in die groep in. “As gevolg van die feit dat ons drie groepwenners en een tweedeplek het, verwag ons dat die Super 16-trofee aan ons oorhandig sal word,” het rugby-organiseerder Johan Minnie gesê.

By die netbalspanne verloor die eerstes 30-18, terwyl die O/16’s Nylstroom klop met 29-23. Die O/15’s verloor 27-6 en die O/14’s gaan hul opponente met een punt verby om met 11-10 te wen.

Die vier meisies hokkiespanne het verloor, die eerstes met 1-2, die O/16’s met 0-1, die O/15’s met 4-1 en die O/14’s 5-1. “Die finale het hierdie jaar verval en die wenners sal op grond van die poel-uitslae bekend gemaak word,” sê me. Marie van Niekerk, die skool se hokkie-organiseerder.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines