ADVERTISEMENT:

 

Die jaarlikse Grab-a-Granny/Dapper Stapper-geleentheid en rolstoelwedren op 27 April het, soos gewoonlik, baie pret opgelewer.

Dapper Stapper word weer goed ondersteun

 

Sport  Date: 03 May 2013

 

Die jaarlikse Grab-a-Granny/ Dapper Stapper rolstoelwedren en pretloop ten bate van Ons Tuiste Ouetehuis in Makhado (Louis Trichardt) het, soos gewoonlik, baie pret opgelewer.

Tannie Braampie Viljoen, in die rolstoel gestoot deur mnr. Jan van Wyngaardt, het die eer te beurt geval om die ander rolstoele weg te rol. Hulle ontvang die wisseltrofee vir die beste rolstoelspan. Hulle gesamentlike ouderdom was ‘n volle 166 jaar!

Tannie Koeks Manser stap flink en het die pretloop vir die ouderdomsgroep bo 80 jaar gewen. Die mans- en vrouewenners vir 70 tot 79 jaar is mnr. Giel Nel en me. Drienie Franklin, terwyl mnr. Jan van Wyngaardt die trofee vir mans 60 tot 69 jaar al vir die soveelste keer inpalm. Me. Corrie Coetzee wen die vrouetrofee in hierdie  afdeling.

By die 9.9km-wedloop hardloop Mathabi Ndivho onder almal uit en is die manswenner, terwyl Sheryl James die vrouewenner en Chrisli Markram die O/12 wenner is.  By die 5km is die wenners Aubrey Rambau (man), Glory Nkoana (vrou), Tanaka Musariri (seun) en Makgomo Nkoana (meisie). Die 3km manswenner is past. Ernie Whitcomb, met die ander wenners me. Diane Bannatyne (vrou), Ruben Potgieter (seun) en Lee-Ann de Vos (meisie).

Die prys vir die meeste gees vir die dag is gesamentlik gewen deur Ashley Lawrence en Salomé Lubbe.

Hoewel daar minder deelnemers as gewoonlik was as gevolg van baie geleenthede wat op dieselfde dag plaasgevind het, sê organiseerders Lucas en Rina Vermeulen dat dit steeds lekker was en dat daar ‘n goeie vooruitsig vir volgende jaar is. Hulle sê dat die Soutpansberg Atletiekklub, wat hul elke jaar bystaan, aangedui het dat hulle die moontlikheid gaan ondersoek om hierdie wedloop as ‘n atletiekgeleenthied geregistreer te kry wat dan atlete van oraloor kan trek.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines