ADVERTISEMENT:

 

Dorp maak gereed vir rekord-Kremetart

 

Sport  Date: 07 June 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Alles dui daarop dat die streek se grootste fietstoer, die jaarlikse Kremetart toer, vanjaar meer gewild as ooit tevore gaan wees. Teen druktyd het bykans 300 fietsryers al vir die 176 kilometer wedren ingeskryf, met oor die sewentig inskrywings vir die 70km-wedren.

Volgens 'n woordvoerder van die klub verwag hulle dat meer as 400 fietsryers aan die kompetisie gaan deelneem. Die meeste belangstelling is vir die hoofresies, nl. die strawwe 176km-roete om die berg. Dié resies word in vier skofte beslis. Hierbenewens word 'n 70km-wedren aangebied en 'n pretwedren oor 20 kilometer.

Die organiseerders, die Soutpansberg Fietsryklub, het vanjaar baie moeite gedoen om te probeer sorg dat dinge so vlot as moontlik verloop. Al die fietsryers wat aan die hoofwedren deelneem moet 'n rekenaarskyfie (chip) op hul fietse aanbring wat gebruik word om hul tyd te bepaal. Uitslae kan dus kort na die wedren beskikbaar wees.

Om die fietsryers se veiligheid te probeer verseker, is daar vanjaar ligte in die tonnels aangebring. Verlede jaar het van die fietsryers beserings opgedoen toe hulle in die donker tonnels op die N1 teen mekaar vasgery en geval het. Hopelik sal die ligte dit vir die fietsryers vanjaar baie makliker en veiliger maak.

Die fietsryers spring, soos gebruiklik, Saterdagoggend vroeg voor die munisipale karavaanpark weg. Die eerste jaers behoort omstreeks 16:00 weer in die dorp te arriveer, waar die wedren eindig.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines