

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 14 June 2013
CrossFit -atlete van Makhado (Louis Trichardt) het hul deelname aan die 2013 Reebok CrossFit Games se Afrika-streekspele as ‘n ongelooflike ervaring ervaar, veral om deel te neem aan ‘n uiters hoë standaard kompetisie waar alles op die sekonde geskied en die sportmangees buitengewoon is.
Plaaslike CrossFitter Felix Malan (40) is genooi om aan die ope afdeling vir mans deel te neem, nadat hy reeds tweede in Afrika in die meestersafdeling gekom het. “Ons het ‘n magdom kennis opgedoen tydens die kompetisie. Hoewel ons foute gemaak het tydens ons voorbereiding, kon ons steeds ons plekke verbeter,” sê Felix, wat sy plek in Afrika in die ope afdeling van nommer 47 na nommer 31 opgeskuif het (en dit teen die jong manne). Die ander plaaslike atleet wat genooi was, is Jennifer de Klerk (25).
Die twee Afrikawenners wat deurdring na die wêreldfinaal in die VSA is David Levey en Carla Nunes da Costa. CrossFit Platinum is die spanwenners.
Die Afrika-streekspele is van 24 tot 26 Mei in die Standard Bank Arena in Johannesburg aangebied. Atlete het ‘n totaal van sewe sessies oor die drie dae gedoen. Van die sessies het minimumvereistes gehad waaraan atlete moes voldoen. “Baie atlete het nie aan die minimumvereistes voldoen nie, maar is toegelaat om op sosiale vlak met die kompetisie voort te gaan. Jenny kon ongelukkig nie die derde oefensessie (workout) se minimumvereistes voltooi nie en het dus verder sosiaal deelgeneem, nadat sy 25ste gelê het,” sê Felix.
Jenny het die kompetisie as ‘n “fantastiese leerskool” beskryf. “Elke oefening was 'n hoogtepunt. In elke oefening het ek bo my natuurlike vermoë presteer!” het Jenny gesê.
Vir Felix was die hoogtepunt die kombinasie van die uitstekende organisasie en goeie gesindheid onder die atlete, wat mekaar aanmoedig. Hy voeg by dat die tweede dag se eerste sessie sy moeilikste sessie was. Dit het bestaan het uit 100 muurballe, 100 bors-na-pyp optrekke, 100 eenbeen kniebuigings en 100 een-arm “snatches” met 35Kg.
“Ons wil daarna kyk om volgende jaar ‘n span in te skryf. Ons het verskeie plaaslike atlete (mans en vrouens) wat die vermoë daartoe het. Met harde maar slim ‘werk’ kan Louis Trichardt 'n krag word by die Africa Regionals,” sê Felix en nooi belangstellendes om ‘n CrossFit klas by Body Kinetics te kom bywoon. Hy sê dat CrossFit nie net vir geharde, fikse atlete is nie, maar dat alles aangepas word om alle atlete te akkommodeer.
“Sonder die ondersteuning van ons borge (drie vriende het ons finansieel geborg), familie, vriende, plaaslike CrossFit atlete (oud en jonk) en die Vader se genade sou ons nie hierdie onbeskryflike byeenkoms so positief kon ervaar het nie,” sê Felix.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
