

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 08 July 2013
Die gewilde Akkedis Bergfietswedren op 10 Augustus sal vanjaar in die formaat van ‘n Extreme Sport Weekend aangebied word.
Die bergfietswedrenne sal op 9 Augustus voorafgegaan word met ‘n stoeitoernooi, wat aangebied word deur die Louis Trichardt Stoeiklub. Dié klub is vanjaar mede-aanbieder van die naweek saam met die organiseerders, die P&L Fietsryklub (Sien meegaande advertensie vir meer besonderhede oor die stoeitoernooi).
Wat Saterdag se wedrenne betref, sal daar weer ‘n 10km pretrit wees vir die jongklomp, en vir diegene wat vir bietjie meer kans sien, is daar die 35km halfmarathon. Vir diegene wat dink hulle is fiks genoeg is daar die moordende 70km marathon. Deelname in die onderskeie wedrenne kos onderskeidelik R40, R80 en R150 met tydelike lisensies vir die 35km en 70km wat R35 sal kos. Deelnemers aan die 70km wedren sal om 08:00 wegspring. Die wegspringtye vir die 35km en 10km is onderskeidelik 08:15 en 08:30. Die wedrenorganiseerder is Johan van Dijkhorst (082 740 8740). Daar kan die naweek van die wedrenne ingeskryf word. Inskrywingsvorms kan ook vooraf aangevra word deur te skryf aan Renda by [email protected]
Die Schoemansdal Veldskool buite Makhado (Louis Trichardt) sal weereens gasheer speel vir die naweek se aktiwiteite, wat strek tot 11 Augustus. Buiten die fietswedrenne en stoeitoernooi, sluit die ander aktiwiteite rotsklim, verfbalskiet en boogskiet in. Meer besonderhede hieroor sal nader aan die datum bekend gemaak word. Die borge van die naweek is Brennco Voere, die Zoutpansberg Privaathospitaal en Dirk Coetzee Makelaars.
Vir diegene wat sommer die hele naweek by die veldkskool wil oorbly, is verblyf beskikbaar teen R220 per persoon per aand, wat ontbyt, aandete en kampeerplek insluit. Vir meer inligting hieroor kan Charmaine geskakel word by tel. 015 516 4881.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
