

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 26 July 2013
Hoërskool Louis Trichardt se eerste rugbyspan het twee Cravenweekspelers opgelewer.
Hulle is JP van Wyk op binnesenter en Raymond Pieterse wat stut gespeel het, albei vir die O/18 Limpopo Blou Bulle-span.
Na afloop van vyf weke se proewe wat in Polokwane gespeel is, het die Cravenweek van 8 tot 13 Julie ook in Limpopo se hoofstad plaasgevind.
“Wat my betref, was JP die beste agterspeler in Limpopo tydens die Cravenweek. Raymond het sy man gestaan en goeie rugby gespeel. Ek is baie trots op die seuns,” sê mnr. Coenie de Lange, een van die eerstespan se afrigters.
De Lange sê ook dat dit die eerste maal in meer as agt jaar is dat daar meer as een seun uit die eerstespan gekies word vir die Cravenweek. “Daar was in totaal agt seuns uit die eerstespan vir die drie provinsiale spanne gekies, insluitende die spelers vir die Cravenweek, die Akademieweek en die O/19 Noordvaalweek.
Ongeveer 20 spanne uit die verskillende provinsies van die land, Zimbabwe en Namibië het meegeding in die Coca-Cola Cravenweek. Die Limpopo Bloubulle se opponente was Boland, Zimbabwe en Oostelike Provinsie (landelike distrikte). Limpopo het 31-26 teen Boland en 33-5 teen Zimbabwe verloor. Teen OP het hulle naelskraap 39-36 verloor. Hulle het pragtig teruggekom, nadat die telling halftyd 39-12 vir OP was.
JP sê dat die Cravenweek ‘n groot ondervinding was. “Ek het baie meer van rugby geleer en nuwe vriende gemaak. Ek het ook geskrik: daardie manne is groot …”
Raymond sê dat dit danksy hulle skoolafrigters, mnr. De Lange en mnr. Theo Muller, is dat hulle dit sover gebring het. “Die Limpopo-span by die Cravenweek het ook goeie afrigters gehad, soos ons hoofafrigter, André Hay. Die Cravenweek het my rugby baie gehelp. Skolerugby en rugby op daardie vlak is nie dieselfde nie…”
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
