ADVERTISEMENT:

 

Die jong Springbok flank Arno Botha teken sy naam op ‘n rugbybal vir ‘n klein bewonderaar tydens die inspirerende Biltong-en-Bokke-aand wat verlede Vrydag by die gholfklub in Makhado (Louis Trichardt) aangebied is onder beskerming van Manne van die Woord.

Stroom-op kan wel ‘n goeie wenresep wees

 

Sport  Date: 26 July 2013

 

‘n Jongmens behoort vroeg reeds te oefen om, veral wat wêreldse plesier aanbetref, stroom-op te beweeg en bereid te wees om vas te staan in jou geloof, al maak dit jou ongewild by die res. Om dit te kan doen, help dit om ‘n hegte vriendskapsband aan te knoop met ‘n geestelike maat wat jou geloofsoortuigings deel en altyd beskikbaar is.

Dié raad kom van Arno Botha, jong Springbok rugbyspeler, wat die afgelope naweek deel was van die “Bokke-en-Biltong” byeenkoms wat by die Soutpansberg gholfklub aangebied is onder beskerming van die Manne van die Woord.

Nagenoeg 250 mans en skoolkinders het die gesellige byeenkoms bygewoon en met geesdriftige meelewing gereageer op die onderhoude wat op die verhoog en met die hulp van ‘n grootskerm projeksie gevoer is met drie Springbokgaste, naamlik Arno, Ollie le Roux en Rudie (Vleis) Visagie. Die onderhoude is gevoer deur Dawie Spies (familie van Pierre.) Terwyl interessante rugbystaaltjies en die belewenis van Springbokglorie onder die loep geneem is, was daar ook geleentheid vir elk van die drie om hul geloofsgetuienis met die gehoor te deel. Ollie het vertel hoe ‘n verkeerd-gefokusde leefstyl en veeleisende loopbaan gedreig het om hom van sy gesin te vervreem en alle sin vir sy bestaan te verdof, totdat hy die werklike sin teruggevind het in sy geloof. Vleis het die tragiese en potensieel-vernietigende verlies van sy dogter gedeel en aangedui hoe dit hom en sy gesin inderdaad nader aan mekaar gebring het en vir hom en sy vrou  ‘n voltydse bediening geskep het om mense te bemoedig wat soortgelyke verliese moet verwerk.

Die jongklomp het na afloop van die program die Springbokke toegesak om handtekeninge te bekom en om saam met die Springbokgaste vir foto’s te poseer.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines