ADVERTISEMENT:

 

Die drie Bokke staan saam met die bestuur van die Manne van die Woord. Voor is past. Chris Matteus. In die middel is Herman Meiring, Springbok Arno Botha, Dirk du Preez en Piet du Toit. Agter is Tobias Fourie, Dawie Spies, Luke Enslin, Springbok Rudie (Vleis) Visagie, Springbok Ollie le Roux, Bertus Guillaume en Daan Enslin.

Springbokke-besoek het impak op mans

 

Sport  Date: 26 July 2013

 

Die Bokke en Biltong-aand op 19 Julie in Makhado (Louis Trichardt) het ‘n groot impak op die manne gehad.

Springbokke Vleis Visagie, Ollie le Roux en Arno Botha het van hul ervarings vertel, terwyl die manne lekker gelag en ontspan het.

Ongeveer 240 persone het geluister hoe die Bokke vertel van hul reaksie toe hul gekies is as Springbok en die eerste keer die trui oor die kop getrek het, asook ander interessanthede, soos wie is die hardste geslaan …

“Aan die einde van die aand het die Bokke hulle getuienisse gedeel,” sê Tobias Fourie, voorsitter van Manne van die Woord, wat die aand by die Soutpansberg Gholfklub aangebied het.

“Vleis Visagie se getuienis het hard getref. Toe hy besef hy het sy eie kind doodgeskiet, hy alles oorgegee aan die Vader. Jy kon ‘n speld hoor val in die saal,” sê Piet du Toit.

Ollie het vertel hoe depressie sy huisgesin getref het en Arno van sy besering aan die begin van sy tweede wedstryd as Springbok. Daarna het die drie Bokke saam opgestaan vir Jesus. Gasheer Dawie Spies het die manne genooi om saam met die Bokke op te staan.

“Dit het my getref dat Dawie Spies gesê het dat 24 uit die 30 Springbokke by die laaste Wêreldbeker in Nieu-Seeland Christene was wat Bybelstudie bygewoon het. Hy sê dat hulle ‘n impak op mense gemaak het en hulle hoop gegee het. Die advies is: stap ‘n pad met die Here, kry ‘n Christenvriend, verander ‘n dorp en maak ‘n impak,” het een van die manne opgemerk.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines