ADVERTISEMENT:

 

generic image

Akkedis beloof naweek van opwinding

 

Sport  Date: 05 August 2013

 

Die gewilde Akkedis Bergfietswedren op 10 Augustus vorm vanjaar deel van die Akkedis Extreme Sport-naweek.

Die bergfietswedrenne sal op 9 Augustus voorafgegaan word deur ‘n stoeitoernooi, wat aangebied word deur die Louis Trichardt Stoeiklub. Dié klub is vanjaar mede-aanbieder van die naweek saam met die organiseerders, die P&L Fietsryklub. Inskrywing vir die stoeitoernooi kos R80 per deelnemer (R30 vir massaverskuiwing) en die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Augustus. Mediese toetse word die dag van die toernooi vanaf 07:00 tot 07:30 gedoen, met die inmeet wat vanaf 07:30 tot 08:00 plaasvind.

Wat Saterdag se wedrenne betref, sal daar weer ‘n 10km pretrit wees vir die jongklomp, en vir diegene wat vir bietjie meer kans sien, is daar die 35km halfmarathon. Vir diegene wat dink hulle is fiks genoeg is daar die moordende 70km marathon. Deelname in die onderskeie wedrenne kos onderskeidelik R40, R80 en R150, met tydelike lisensies vir die 35km en 70km wat R35 sal kos. Deelnemers aan die 70km wedren sal om 08:00 wegspring. Die wegspringtye vir die 35km en 10km is onderskeidelik 08:15 en 08:30. Die wedrenorganiseerder is Johan van Dijkhorst (082 740 8740). Daar kan die naweek van die wedrenne ingeskryf word, maar inskrywingsvorms kan ook vooraf aangevra word deur te skryf aan Renda by [email protected]

Die Schoemansdal Omgewing Opvoeding Sentrum buite Makhado (Louis Trichardt) sal gasheer speel vir die naweek se aktiwiteite, wat strek tot 11 Augustus. Buiten die fietswedrenne en stoeitoernooi, sluit die ander aktiwiteite rotsklim (015 516 4881), verfbalskiet (Gerard 082 417 0514) en boogskiet (Frikkie 082 458 7072) in.

Die borge van die naweek is Brennco Voere, die Zoutpansberg Privaathospitaal en Dirk Coetzee Makelaars. Vir diegene wat sommer die hele naweek by die veldkskool wil oorbly, is verblyf beskikbaar teen R220 per persoon per nag, wat ontbyt, aandete en kampeerplek insluit. Vir meer inligting hieroor kan Charmaine geskakel word by tel. 015 516 4881.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines