

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 02 August 2013
Hoërskool Louis Trichardt behaal ‘n oortuigende oorwinning in hul eerste Beeldtrofee-uitspeelwedstryd. Die vreugde van hul oorwinning is egter na die blaas van die eindfluitjie ontsier deur ‘n vuisslanery op die veld.
Die Triegies se O/16-span, die enigste span van die skool wat deurgedring het na die Beeldtrofee-reeks, het Saterdag op hul tuisveld teen Hoërskool Wilgers te staan gekom. Mnr. Henry Denner, skoolhoof en een van die afrigters van die O/16’s, sê dat die seuns die eerste helfte baie goed gespeel het. Die halftyd telling was 19-3 in Triegies se guns. In die tweede helfte het die Triegies ‘n bietjie moeiliker gelewe en elke span het ‘n drie gedruk om die telling op 24-8 te staan te bring. Hulle verdediging in die tweede helfte was uitstaande.
“Hier en daar was daar al ‘n gestoot tydens die wedstryd. Ongelukkig het daar ‘n vuisslanery net na die blaas van die eindfluitjie ontstaan, veroorsaak deur een van hulle [Hoërskool Wilgers] spelers. Gelukkig het ons dit vinnig gestop. Dit is die tipe goed wat ons nie wil hê nie,” sê Denner.
Die skool se rugby-organiseerder, mnr. Johan Minnie, sê dat so iets onaanvaarbaar is, maar dat die saak reeds met Hoërskool Wilgers se rugby-organiseerder opgeneem en uitgeklaar is.
“Die stadsjapies was ‘n bietjie bakleierig, maar ons seuns het lekker hardloop rugby gespeel. Hulle het ten minste vier maal regdeur gehardloop. Dit was briljant. Ons het ‘n oulike spannetjie met ‘n goeie gees,” sê een van die ouers, me. Hester Bayes.
Triegies se O/16’s speel hierdie Saterdag in die Beeld-kwarteindstryd teen Hoërskool Barberton op Barberton se velde.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
