

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 08 August 2013
Hoërskool Louis Trichardt se O/16-rugbyspan wen die Beeldtrofee se kwarteindstryd deur 24-0 oor Hoërskool Barberton te seëvier.
In ‘n aanskoulike wedstryd op Barberton op 3 Augustus het die Triegies van die begin af die oorhand gehad. Hulle het vier drieë gedruk, waarvan twee verdoel is.
Agsteman Wors Mulaudzi en skrumskakel MJ Botha druk elk ‘n drie in die eerste helfte. MJ se drie word deur AC Geldenhuys, die span se losskakel, verdoel om die halftydtelling op 12-0 te staan te bring. Puntemakers in die tweede helfte is weereens Wors wat agter die pale gaan kuier, asook Duncan Moodie op senter. Heelagter Donovan Pretorius verdoel Duncan se drie.
Die wedstryd het op ‘n geskiedkundige veld plaasgevind. Die eerste wedstryde is in 1897 op Barberton se veld gespeel, presies ‘n 100 jaar voor die O/16’s gebore is!
Die span speel nou in die Beeld semi-finaal op 17 Augustus. Hulle opponent is Hoërskool Delmas en die kragmeting sal op Delmas se velde plaasvind.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
