Hoërskool Eric Louw het op 18 September hul jaarlikse interhuis swemgala aangebied. Afgeneem is die dag se onderskeie victor en victrix ludorums. Voor, van links na regs, is Deidre Diener (junior victrix ludorum), Jan-Karel Limbach (senior victor ludorum) en Jannemari Fourie (senior victrix ludorum). Agter is Cor Roos (junior victor ludorum). Die dag se sukses is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die gemeenskap en die skool wil die volgende persone en instansies bedank vir hul bydrae: Spur, Messina Apteek, Tina Cowley, Hanly, Sanlam, Erinda, Crooks Corner, Hope Bricks, Robbie Guthrie, Down to Earth, Marietjie Diener, Groot Spar, Kobus Fourie, Talisman, Dubbeltjies en Daisies, Mariaan Vorster, Welma Celliers, Cindy van der Merwe, Isabel en Laurie, Kobus McCabe, Hair Trends, Lientjie Whelan, Baobab Petroleum en Helmar. “Dankie ook aan Landie van der Merwe en Lizette Guthrie wat al die borge ingevorder het,” het die skool gesê. Foto verskaf.
Sport Date: 26 September 2013