Altesaam agt spanne het deelgeneem aan 12 wedstryde in die jaarlikse mini-krieket byeenkoms op Laerskool Louis Trichardt se Bergvliet sportterrein. Sertifikate en medaljes is op 10 September aan die geesdriftige jong spelers oorhandig na afloop van die byeenkoms. Drie trofees is toegeken vir besondere prestasies. Dean Engelbrecht (links) het die trofee ontvang vir die meeste sesse aangeteken, Derreck Barnard (middel) vir die meeste viere en Heinrich van Wyk (regs) die trofee vir die meeste paaltjies.
Sport Date: 27 September 2013