

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 27 September 2013
Die Soutpansberg Posduifklub het die afgelope naweek hul wedvlugseisoen afgesluit met ‘n enige ouderdom keur- en marathon-wedvlug vanaf Vryburg.
Die enige ouderdom keurwedvlug is gewen deur Danie, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 292.09 meter per minuut. Hy was ook 6de en 11de. Elize & Tim was 2de, 8ste en 10de, Hando & Zack Fourie 3de, 5de en 12de en Marx Hokke 4de, 7de en 9de.
Elize & Tim palm die marathon-wedvlug in, met hul wenduif wat die afstand voltooi met ‘n spoed van 1 387.65 meter per minuut. Hulle is ook 6de en 9de. Hando & Zack is 2de en 10de, Marx Hokke 3de, 4de en 5de en Danie 7de, 8ste en 11de.
Na afloop van die naweek se wedvlugte wen Marx Hokke die langpad-trofee, terwyl Elize & Tim gekroon word as beide die algehele klubkampioene (773 punte) en opewedvlug-kampioene (410 punte). Wat die res van die puntestand in die klubkampioenskappe betref, is Marx Hokke 2de (752), T & H Meyer 3de (654), Hando & Zack 4de (613), Louis Gossmann 5de (576), Tiny de Klerk 6de (569), Danie 7de (537) en Isaac Naudé 8ste (358).
In die opewedvlug-kampioenskappe is Marx Hokke 2de (393), Danie Lourens 3de (350), Hando & Zack Fourie 4de (311), Tiny 5de (292), T & H Meyer 6de (286), Louis 7de (266) en Isaac 8ste (126).
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
