

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 18 October 2013
Die Louis Trichardt Rugbyklub bied hierdie komende Saterdag ‘n fees van plaaslike rugby aan op die dorp se velde.
Plaaslike spanne sal deelneem aan die Limpopo Rugby Seweskampioenskappe. “Dit belowe om ‘n heerlike dag vol aksie-belaaide rugby te wees,” sê die klub se organiseerders. Louis Trichardt se spanne lê tans bo-aan die punteleer van die kampioenskappe.
Daar sal Saterdag altesaam ses spanne mekaar die stryd aansê. Die spanne is die van Letaba, Louis Trichardt se eerste- en tweedespan, Potgietersrus, Pietersburg Dorp en die Universiteit van Limpopo se span. Die eerste wedstryd tussen Letaba en die Universiteit van Limpopo sal om 14:00 afskop. Daarna sal Potgietersrus en Pietersburg se spanne mekaar die stryd aan sê, waarna Louis Trichardt se eerstes teen Letaba te staan sal kom.
“Daar sal dus genoeg geleentheid wees vir ondersteuners om solank ‘n braaivleisvuurtjie aan die gang te kry,” nooi die organiseerders.
Louis Trichardt se tweedespan sal om 15:00 teen Potgietersrus te staan kom, waarna die universiteit se manne weer teen Louis Trichardt se eerstespan sal uitdraf. Louis Trichardt se tweedespan sal dan weer te staan kom teen Pietersburg, waarna die uitklopwedstryde om 16:10 sal begin.
Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig, en die klub se voorsitter, mnr. Kevin Gilbert, kan geskakel word by 082 892 8769 vir meer inligting.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
