ADVERTISEMENT:

 

CP, wat in die kleure van Team PSG Cycling ry, het Saterdag nog ‘n oorwinning agter sy naam geskryf deur eerste te eindig in die moordende Mooketsi 70km bergfietsuitdaging. Foto verskaf.

CP kraai koning op Mooketsi

 

Sport  Date: 01 November 2013

 

Een van Makhado (Louis Trichardt) se ster bergfietsryers, CP van Wyk, het Saterdag, 26 Oktober, weereens koning gekraai deur talle van die provinsie se top fietsryers uit te stof en die strawwe Mooketsi 70km bergfietsuitdaging in te palm.

CP, wat in die kleure van Team PSG Cycling ry, voltooi die moordende wedren in ‘n tyd van 02:51:42. Een van sy spanmaats, Christiaan Roos (ook van Makhado/Louis Trichardt) het ook aan die 70km deelgeneem, maar bietjie van ‘n afdag ervaar en die wedren in ‘n tyd van 03:33:16 in ‘n algehele 24ste plek voltooi.

Verskeie van die P&L Fietsryklub se lede het ook kans gesien vir die 70km. Stanley Thompson eindig algeheel vyfde in ‘n tyd van 03:06:08 en was die eerste veteraan tuis, gevolg deur Nico Geldenhuys in ‘n tyd van 03:21:27 in ‘n algehele 11de plek (vyfde sub-veteraan). Jernay McLeod ry baie goed en beklink ‘n algehele tweedeplek in die vroue-afdeling in ‘n tyd van 03:26:51 (algeheel 14de). Net meer as ‘n minuut later voltooi Rick Coetzee die afstand in 03:27:59 (algeheel 18de en tweede in die Elite-kategorie), gevolg deur Johan van Dijkhorst in die 22ste posisie in ‘n tyd van 03:33:15 (derde in die meesterskategorie). Casper Venter eindig ‘n sekonde later in die 23ste plek in ‘n tyd van 03:33:16 (agtste veteraan).

Marko Roets van P&L het egter sy visier geplaas op die 35km, waar hy algeheel sesde eindig in ‘n tyd van 01:41:47, wat goed genoeg was om aan hom in tweedeplek in die junior-kategorie te besorg.

In die 10km wedren vir die jongspan beïndruk die plaaslike ryers. Zian van den Heever eindig algeheel tweede in 00:26:13, met Casper John Venter derde in ‘n tyd van 00:26:35. Mynhardt van Dijkhorst was 15de in ‘n tyd van 00:37:43.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines