ADVERTISEMENT:

 

Een van die streek se mees belowende jong atlete, Marli Knoetze, het die afgelope naweek Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nuwe DO/16 diskus- en gewigstootkampioen geword.

 

Sport  Date: 19 April 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Een van die streek se mees belowende jong atlete, Marli Knoetze, het die afgelope naweek Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nuwe DO/16 diskus- en gewigstootkampioen geword.

Marli Knoetze van Hoërskool Louis Trichardt is Atletiek Suid-Afrika se nuwe nasionale DO/16 gewigstoot- en diskuskampioen. Marli, 'n Graad 9-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, behaal dié prestasie tydens ASA se nasionale atletiekbyeenkoms op die Pilditch Stadion in Pretoria. Sy wen die gewigstoot vir DO/16 met 'n persoonlike beste afstand van 13,56 meter met die 4kg gewig, terwyl sy die diskusgooi wen met 'n afstand van 42,08m met die 1kg skyf.

Reeds van die begin van die jaar af het Marli gewys dat daar baie van haar verwag kan word. In Februarie stel sy 'n nuwe nie-amptelike nasionale USSASA-rekord op in die diskusgooi vir DO/15, tydens 'n byeenkoms by Hoërskool Louis Trichardt. Haar afstand van 41,78m oorskadu die bestaande rekord met 0,06m, maar weens administratiewe probleme word die rekord nie erken nie. Haar gooi word egter wel erken as 'n nuwe skolerekord, met die vorige rekord van 31,40m wat in 1998 opgestel is. Sy stel ook tydens dieselfde byeenkoms 'n nuwe skolerekord op in die gewigstoot vir DO/15 met 'n afstand van 12,51m, meer as drie meter beter as die bestaande rekord van 8,25m.

Skaars twee weke later, tydens die jaarlikse Top Tien-byeenkoms op Roodepoort, stel Marli weer 'n nuwe rekord op in die diskusgooi vir DO/15, met 'n gooi van 42,19m. Die keer word haar gooi erken as 'n nuwe Atletiek Suid-Afrika rekord. Sy volg dié prestasie 'n paar dae later op deur haar eie nasionale rekord te verbeter met 'n gooi van 43,40m tydens die ABSA Prestige-byeenkoms. Ongelukkig vir haar, word ook dié rekord weens administratiewe redes nie erken nie.

Marli is vol lof vir haar afrigter, mnr. Robbie Robberts van Levubu. Mnr. Robberts is die pa van Janus Robberts, Suid-Afrikaanse gewigstootatleet wat voorverlede jaar 'n sewende plek verower het in dié item tydens die Olimpiese Spele in Sydney. Janus is ook tans die wêreldrekord houer in die junior gewigstoot-afdeling.

Marli het haar dank uitgespreek teenoor Flip en Dawn Botha (Levubu Vleisland), Tjoppie en Alta Vosloo (J&F Velddienste) en André en Ralda van Wyk (Van Wyk Makelaars) wat as haar borge opgetree het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines