ADVERTISEMENT:

 

Die jonge Christelle Coetzer van Tzaneen, wat ‘n nuwe Makoppa-rekord die afgelope naweek by Schoemansdal opgestel het. Foto verskaf.

Nuwe rekord vir Christelle

 

Sport  Date: 29 November 2013

 

‘n Nuwe rekord is opgestel tydens die jaarlikse Makoppa Tweekamp wat die afgelope naweek by die Schoemansdal Omgewingsbewaringsentrum buite Makhado (Louis Trichardt) beslis is.

Hierdie tweekamp, wat jaarliks fietsryers en hardlopers van oraloor lok, is in samewerking met die P&L Fietsryklub en die Soutpansberg Atletiekklub aangebied.

Plaaslike fietsryer Nico Geldenhuys was eerste om die 6km draf, 30km fietsry en weer 4km draf in ‘n tyd van 1:48:34 te voltooi. Tweede en derde was onderskeidelik Sarel Lubbe en Gift Nefolofho­dwe, altwee van Makhado (Louis Trichardt). Amanda Kruger was die eerste vrou om klaar te maak, met Anel Swart in die tweede plek en Lelitia Hitzeroth derde.

Stanley Thompson was die eerste een om die 6km draf, 20km bergfiets en weer 2km draf te voltooi in ‘n tyd van 1:52:50. Johan van Dijkhorst was tweede, met Jonathan van Dijkhorst wat derde klaargemaak het. Die eerste vrou om hierdie afdeling te voltooi was Marnelle Pessegueiro, met Andra Muller in die tweedeplek. Die derdeplek is gedeel deur Rosa Viljoen en Christine Marais.

Die 12-jarige Christelle Coetzer van Tzaneen het ‘n nuwe rekord opgestel toe sy die 2km draf, 10km fietsry en nog 1km draf blitsig afgelê het in ‘n tyd van 33:44. Tweede in hierdie kategorie was Hugo Rennings, met Pepijn Rennings derde.

Intussen het die twee klubs Schoemansdal en die Run & Walk for Life Klub van Polokwane bedank vir hulle hulp en ondersteuning om van die Makoppa ‘n sukses te maak.

Die doel van die Makoppa is om geld in te samel vir verskeie welsynsorganisasies.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines