ADVERTISEMENT:

 

Rugbyfees tydens Grenfelldag

 

Sport  Date: 05 April 2002

 

MESSINA – Die MAC Grenfell Rugbydag het vanjaar ongekende belangstelling ontlok met net meer as 'n duisend rugbyliefhebbers van regoor die streek wat Saterdag, 30 Maart se wedstryde bygewoon het.

In die eerste kragmeting van die dag reken Hoërskool Eric Louw 17-7 af met Watershed, 'n span vanaf Zimbabwe. Messina III klop hierna die Bontebokke (Universiteit van die Noorde) met 12 punte teenoor 8, waarna rugby aangewys is as die wenner in die wedstryd tussen die Ou Manne en Hardekole. Dié twee spanne het kort voor die wedstryd hul name verander na die "Boeppense" en die "Bierpbense".

MAC Messina II se wedstryd teen die tweedes van Benoni het goeie hardlooprugby opgelewer met Messina wat by verre die beter span op die veld was. Hulle wen dan ook met 27 punte teenoor 9. Louis Trichardt se tweedes het vir 'n goeie wedstryd gesorg en wen hul kragmeting teen Bosveld se eerstes met 29 punte teenoor 19, nadat hulle aanvanklik 14-5 agter was teen halftyd.

Die eerste span van Louis Trichardt het egter in hul wedstryd teen die eerstes van Pretoria Technikon ietwat die wind van voor gekry en verloor 8-54. Dit moet egter genoem word dat die span van Pretoria Technikon uiters goeie op dreef was.

Die hoofwedstryd van die dag tussen MAC Messina I en Benoni se eerstes is ook gekenmerk deur goeie hard-looprugby met Messina wat van meet af aan die druk toegpas het. Benoni kon nooit regtig op dreef kom nie en verloor uiteindelik met 6 punte teenoor 29.

Volgens 'n woordvoerder van die MAC Messina Rugbyklub, Werner Engelbrecht, was vanjaar se rugbydag sekerlik die mees suksesvolle rugbydag wat die klub nog aangebied het.

Hy sê hulle beoog om volgende jaar weer die tradisionele Zimbabwiese spanne by die rugbydag te betrek.

Saterdag se wedstryde is afgesluit met 'n gesellige kuiersessie rondom 'n wildspotjie in die Follie van Zyl Klubhuis wat bygewoon is deur sowat 300 gaste. Dit is buiten Boet Fick, adjunk-president Noord-streek van die Blou Bulle Rugby-unie, en Joey Graaff, vise-president Ontwikkeling van die Blou Bulle Rugby-unie, wat die dag as eregaste opgetree het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines