ADVERTISEMENT:

 

Vol veld verwag vir Hanglip 54

 

Sport  Date: 09 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die Soutpansberg Gholfklub sal vanaf 15 tot 17 Julie weer as gasheer optree van die klub se grootste jaarlikse geborgde toernooi, die Hanglip 54.

Die totale toernooi word in die formaat van ‘n individuele Stableford-kompetisie beslis, met beterbal Stableford-kompetisies wat daagliks gespeel word. Die eerste dag se spel is geborg deur die Makhado Munisipaliteit, terwyl SA Brouerye die tweede dag geborg het. Toyota en Werda Motors sal opgetree as borge van die derde dag se spel.

Die toernooi, wat jaarliks spelers vanoor die hele land lok, is reeds vol bespreek, met 128 spelers wat daagliks sal afslaan. Huidige aanduidings is dat 50% van die spelers besoekers sal wees.

Puik gholfspel word verwag met verlede jaar se wenner, Gert van der Westhuizen van Louis Trichardt, wat sy titel sal verdedig. Hy het die toernooi verlede jaar ingepalm met ‘n telling van 112 individuele Stableford punte. Weens die formaat van die toernooi is dit egter moeilik om voorspel-lings te maak ten opsigte van moontlike gunstelinge vanjaar.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines