ADVERTISEMENT:

 

Dorp se eerstes deur na Super Sesse

 

Sport  Date: 23 May 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Die Louis Trichardt Rugbyklub het na hul kragmeting teen Letaba op Saterdag (17de) boaan die punteleer geëindig na afloop van die eerste rondte ligawedstryde. Sodoende het hulle vir hulself 'n plek verseker in die Super 6-reeks wat op 31 Mei begin.

Die eerste span klop Letaba met 13 punte teenoor 6. Hul oorwinning was te danke aan TE Smit wat 'n drie druk, terwyl Hendrik Kemp twee strafskoppe en Holtman Fourie 'n doelskop deur die pale stuur.

Louis Trichardt se tweede span was egter minder gelukkig en verloor hul wedstryd met 24 punte teenoor 14. Dit nogal nadat hulle tot laat in die tweede helfte voorgeloop het. Die span se punte is aangeteken deur Michael Kock (drie) en Jan van Blerk wat drie strafskoppe deur die pale stuur.

Louis Trichardt se derde het hul opponente verhinder om enige punte aan te teken en wen 14-0. Drieë is gedruk deur Sebastiaan Paque en Herold Matonzhi, terwyl Tjorra Nagel en Rassie Erasmus onderskeidelik die twee drieë verdoel.

Op Donderdag, 8 Mei het Louis Trichardt se tweede en derde spanne onderskeidelik kragte gemeet teen Levubu se eerstes en tweedes. Vir die eerste keer in feitlik vier jaar slaag Louis Trichardt daarin om beide Levubu se spanne op hul tuisveld te klop. Die tweedes klop Levubu se eerste 38-6, terwyl die derdes 5-3 afreken met Levubu se tweedes in 'n baie strawwe wedstryd.

Eerskomende Saterdag (24ste) sal Louis Trichardt se eerstes en tweedes te staan kom teen Bosveld op Louis Trichardt. Die wedstryde begin onderskeidelik 15:00 en 16:00. Toegang beloop R10 per voertuig en 'n kontantkroeg en verversings sal beskikbaar wees.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines