ADVERTISEMENT:

 

Messina deur na Super 6-liga

 

Sport  Date: 16 July 2004

 

MUSINA – Die eerste rondte van die rugbyseisoen is verby met die Messina Rugbyklub wat deurgedring het na die Super 6-liga wat op Saterdag, 17 Julie, begin.

Die spanne wat deurgedring na die Super 6-liga is Messina, Louis Trichardt, Letaba, Potgietersrus, Noordelikes en Pietersburg Dorp. Die klub se eerste tuiswedstryd in die Super 6-rondte vind op Saterdag, 24 Julie, teen Noordelikes plaas.

Die Messina Rugbyklub het hul dank uitgespreek teenoor al hul ondersteuners wat hulle tot dusver so lojaal ondersteun het. Buiten hiervoor het hulle ook hul gelukwense oorgedra aan Basie en Ronel met die geboorte van hul eersteling. Hulle het ook welkom gesê aan Johnny Genis wat ingestem is as addisionele lid op die klub se bestuur, met Des Venter as ondervoorsitter. Die klub het ook inwoners daaraan herinner dat hul klubhuis deur die week beskikbaar is vir funksies.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines