

ADVERTISEMENT:

generiese foto
Sport Date: 05 September 2014
Die koue weer en ‘n sterk rugwind het daartoe gelei dat lede van die Soutpansberg Posduifklub se duiwe weer vinnige wentye opgestel het in hul wedvlugte vanaf Theunissen.
Daar is drie opewedvlugte die afgelope naweek beslis. Die 12A-wedvlug word gewen deur Elize & Tim, nadat hul wenduif die afstand voltooi met ‘n spoed van 1391.27 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 4de en 6de. Tiny de Klerk was 3de, 10de en 13de, Koos Gerber 5de, Hans Marx 7de, 8ste en 9de, Danie Lourens 11de, 14de en 15de en Marx Hokke 12de. Die klub se bontduifwedvlug is binne die 12A-wedvlug beslis, met Hans Marx wat as wenner uit die stryd tree, nadat hy die eerste bontduif klok.
In die 12B-wedvlug is dit Tiny wat met die louere wegstap, nadat sy wenduif die wedvlug voltooi met ‘n spoed van 1440.19 meter per minuut. Hy was ook 2de en 3de. Hans was 4de, 15de en 16de, Marx Hokke 5de, 10de, 11de en 13de, Elize & Tim 6de, 8ste en 12de, Danie 7de en 14de en Koos 9de.
Elize & Tim wen ook die 12C-wedvlug, met hul duif se wenspoed van 1414.07 meter per minuut. Hulle was ook 6de en 12de. Hans was 2de, 15de en 16de, Tiny 3de, 4de, 8ste, 10de en 11de, Danie 5de en 7de, Koos 9de en Marx Hokke 13de, 14de en 17de.
Voorverlede naweek het die klub hul jaaroud kampioenwedvlug, asook hul 11B- en 11C-opewedvlugte vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640km beslis. Tiny se wenduif voltooi die jaaroud kampioenwedvlugmet ‘n spoed van 1682.71 meter per minuut. Hy was ook 3de, 6de, 7de en 17de. Danie was 2de en 4de, Elize & Tim 5de, 10de, 11de, 12de en 16de, Hans 8ste en 13de, Marx Hokke 9de, 14de en 15de en Koos 18de en 19de.
Tiny se duif se wenspoed in die 11B-wedvlug was 1721.30 meter per minuut. Hier was hy ook 3de, 6de, 7de, 8ste en 9de. Elize & Tim was 2de, 10de, 11de, 12de en 16de, Hans 4de en 15de, Danie 5de en 14de, Marx Hokke 13de en 17de en Koos 18de.
Tiny se wenduif behaal ook ‘n goeie spoed van 1676.62 meter per minuut in die 11C-wedvlug. Hy was ook 3de, 4de, 6de en 7de. Elize & Tim was 2de, 5de, 11de, 12de en 13de en Marx Hokke 8ste, 9de en 10de.
Tans lê Tiny eerste op die klub se punteleer, met Elize en Tim tweede, Marx Hokke derde, Hans vierde, Koos vyfde en Danie sesde.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
