

ADVERTISEMENT:

Afgeneem is voor, van links na regs, afrigters Carlie du Plessis en Sakkie Vermeulen. In die middel is Brandon Huysamen (onderkaptein) en Coenie Strydom (kaptein). Agter is Ravi Vansia, Quintin Rodriques, Kuru Vansia, Mashudu Maphaha, Jaco Steyn, Dyllan Wright, David Mandiwana, Dyllan Pitts, Charlie du Plessis (jnr.), Jan-Karel Limbach en Stefan Taute. Foto verskaf.
Sport Date: 12 September 2014
Hoërskool Eric Louw in Musina se eerste krieketspan het op 6 September vir Capricorn High in die stof laat byt. Louwtjies boul eerste en haal hul opponente uit vir ‘n skamele 38 lopies.
Dit is ‘n puik vertoning as daar in ag geneem word dat Capricorn ongeveer 1 300 leerders en Hoërskool Eric Louw slegs 411 leerders in die skool het. Coenie Strydom het sy slag gewys en vyf paaltjies platgetrek vir die verlies van net 17 lopies.
Hy is ook aangewys as Bouler van die Wedstryd. Ravi Vansia is aangewys as Kolwer van die Wedstryd met 18 lopies. Hy trek ook twee paaltjies plat.
Jan-Karel Limbach spog ook met twee paaltjies.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
