ADVERTISEMENT:

 

Die groep Triegie-bergfietsryers wat op 20 September by Hoërskool FH Odendaal gaan deelneem het. Saam met hulle in die foto verskyn afrigters Johan van Dijkhorst (links voor), Renata Joubert (links agter) en Adriaan Moulder (regs agter). Foto verskaf.

Triegie trappers sluit jaar op hoë noot af

 

Sport  Date: 03 October 2014

 

Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsspan het ‘n lang en bedrywige seisoen agter die rug deurdat hulle vanjaar, ná die Limpopo liga, ook vir oulaas aan twee van die vier Gauteng ligas gaan deelneem het.

Die span het deurlopend gewys dat hulle ‘n gedugte span is wat goed hulle man kan staan teen die groot skole van die stad.

Op 20 September het die span gaan deelneem aan die Tour de Dal by Hoërskool FH Odendaal in Pretoria.  Triegies eindig algeheel agste uit 47 skole wat op die dag deelgeneem het.  Hoërskool Menlopark was eerste, maar die Triegie Trappers het ander groot skole soos Waterkloof, Garsfontein en Hoërskool Monument goed in die stof laat byt.

Van die Triegie fietsryers wat baie goed presteer het, was Zian van den Heever en Richard Lambert, wat vierde- en sesdeplekke in die sub-junior afdeling uit sowat 100 ander ryers behaal het.  Chris Knoesen en Kombo Bere kom onderskeidelik tiende en elfde in hulle verskillende ouderdomme.

Op 4 en 5 Oktober gaan vyf van Louis Trichardt se jong ryers aan die nasionale bergfietskampioenskappe in Magaliesburg deelneem.   Hulle is Richard Lambert, Heine de Jager, Turner de Swardt, Douglas Archer en Charné Labuschagne. Al vyf vorm deel van die Limpopo Hoërskole Bergfietsspan.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines