

ADVERTISEMENT:

Voor, van links na regs, is Hannelie Goosen (3de handwapen, 2de vrou op gewere), Simoné du Toit, (3de .22-juniorklas) en Wian du Toit (2de .22-juniorklas, 6de windbuks). Agter is Theo Goosen (4de .22-seniorklas), Ampie du Toit (1ste oop visier-klas), en Jannie van Zyl (2de .22-seniorklas). Brett Richter (inlas) skiet ‘n eersteplek los in die .22-juniorklas. Saam het hierdie skuts ongeveer R15 000 in prysgeld huis toe gebring. Foto verskaf.
Sport Date: 10 October 2014
Lede van die Soutpansberg Skietklub het die afgelope naweek deelgeneem aan ‘n groeperingskietkompetisie in Tzaneen.
Dié kompetisie, een van die land se grootstes, het vanjaar meer as 1 000 inskrywings gelok. Uitslae is as volg: Hannelie Goosen (3de handwapen, 2de vrou op gewere), Simoné du Toit, (3de .22-juniorklas), Wian du Toit (2de .22-juniorklas, 6de windbuks), Theo Goosen (4de .22-seniorklas), Ampie du Toit (1ste oop visier-klas), Jannie van Zyl (2de .22-seniorklas).
Brett Richter skiet ‘n eersteplek los in die .22-juniorklas. Saam het hierdie skuts ongeveer R15 000 in prysgeld huis toe gebring.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
