ADVERTISEMENT:

 

Foto: https://www.facebook.com/elsabe.coetzee.10/media_set?set=a.10152816673638390.1073741830.831078389&type=3

Reën nie genoeg om geesdrif te demp

 

Sport  Date: 07 November 2014

 

Die reën en modder was nie genoeg om deelnemers aan die tweede jaarlikse Seekoei Bergfietswedren op Levubu af te skrik nie.

Hierdie jaar het die wedren, wat op 1 November plaasgevind het, ook fietsryers van Tzaneen en Polokwane gelok. Al die trappers het gery ten bate van die Levubu CVO Skool.

In die 70 km wedren was plaaslike fietsryster Kombo Bere eerste in ‘n tyd van 03:13:17, met Fanus Eksteen tweede in ‘n tyd van 03:19:11 en Rick Coetzee derde in 03:22:16. Die eerste vrou was Marnelle Pessegueiro in ‘n tyd van 03:42:51, gevolg deur Jernay Mcleod in 04:17:44.70.

In die 35 km kon selfs ‘n harde val nie vir Chris Knoesen (junior) stuit nie, en wen hy in ‘n tyd van 01:25:06. Kort op sy hakke was Zian van den Heever in ‘n tyd van 01:26:13, gevolg deur Conrad Lubbe in die derdeplek met ‘n tyd van 01:30:02.

Soretha Lubbe was die eerste vrou in ‘n tyd van 01:36:33. Die tweede vrou was Ashley Murray in ‘n tyd van 01:47:36, gevolg deur Gesiena Wolmarans in ‘n tyd van 01:56:41.

Oudergewoonte het die 10 km wedren vir baie pret gesorg vir jonk en oud. Die algehele wenner was Chris Knoesen (senior) in ‘n tyd van 00:23:49, gevolg deur die 10-jarige Hugo Rennings in ‘n tyd van 00:27:19, met Eugene van den Heever kort op sy hakke in die derdeplek in 00:27:55.

Die eerste vrou in hierdie kategorie was Peli Elpine in ‘n tyd van 00:35:25, gevolg deur Hilke Janse van Rensburg tweede in ‘n tyd van 00:37:06 en Kim Muller derde in ‘n tyd 00:37:18.

Die organiseerders het na afloop van die wedrenne al hul borge bedank vir hul hulp en ondersteuning, maar in besonder vir Talisman. “Ons reël hom volgende jaar weer,” het die organiseerders gesê.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines