

ADVERTISEMENT:

Soutpansberg se A-span het bestaan uit (van links na regs) Bertus, Gysbert en Pieter Guillaume, en Dirk du Preez. Foto verskaf.
Sport Date: 14 November 2014
Die Soutpansberg Muurbalklub het vanaf 20 Oktober tot 5 November hul jaarlikse klubkampioenskappe beslis.
Die mansfinaal is beslis tussen Bertus Guillaume en Hannes Spies. Bertus slaag daarin om die wedstryd te beklink met ‘n 3/1 oorwinning. Die vroue kampioen is Ronel Welman, met Louise Lordan in die tweedeplek. Afgeneem is (van links na regs) Ronel, Bertus en Louise.
Die klubbestuur nooi al die lede om hul algemene jaarvergadering op Woensdag, 26 November, om 18:00 by te woon. Lede en hulle gesinne word ook genooi om na afloop van die vergadering saam te braai. Vir verdere inligting kan Ronel geskakel word by tel. 084 581 4868.
Die Soutpansberg Muurbalklub in Louis Trichardt het hul jaar op hoë noot afgesluit met klublede wat oorwinnings behaal in die A- asook B-afdelings van die Limpopo Liga. Deelnemende klubs in die liga was Nylstroom, Potgietersrus en Polokwane. Soutpansberg se A-span het bestaan uit Bertus, Gysbert en Pieter Guillaume, en Dirk du Preez.
Die Soutpansberg Muurbalklub se B-span, het as oorwinnaars in die Limpopo Liga uit die stryd tree.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
