ADVERTISEMENT:

 

Jaar op hoogtepunt afgesluit

 

Sport  Date: 09 January 2015

 

Die P&L Fietsryklub in Louis Trichardt het op 19 Desember hul jaar op gesellige wyse afgesluit met die hou van hul jaarlikse Jingle Bell Toy Ride.

Nie net het die rit ten doel gehad om speelgoed in te samel vir ondermeer die plaaslike hospitale, Makhado Care Group en BergCare nie. Dit het ook gedien as spanbou vir die klub en lede het hul fietse vrolik met selfs Kersliggies versier vir die rit deur die dorp se strate die aand.

Die klub het hul dank uitgespreek teenoor al die deelnemers, borge en mense wat die rit moontlik gemaak het. Afgeneem is ‘n paar van die deelnemers kort voor die rit begin het. Foto: Chelsi Alexander.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines