ADVERTISEMENT:

 

Marli Knoetze (16) van Louis Trichardt.

Spogprestasie vir Marli in Italië

 

Sport  Date: 23 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – As 16-jarige atleet het Marli Knoetze die puik prestasie behaal om negende te eindig in die gewigstoot tydens die IAAF Wêreld Junior Kampioenskappe in Grosseto in Italië.

Die Wêreld Junior Kampioenskappe, ‘n tweejaarlikse byeenkoms vir die O/20-ouderdomsgroepe, het vanaf 13 tot 18 Julie plaasgevind.

Marli het teen die wêreld se beste O/20-gewigstootatlete deelgeneem en het ‘n pragtige afstand van 15.28m op 17 Julie behaal. Eerste was Michelle Carter van die VSA met ‘n afstand van 17.55m wat sy met haar laaste gooi behaal het. Marli was die enigste Suid-Afrikaner wat onder die eerste 12 geëindig het. Twee Russe het ook onder die eerste 12 geëindig, naamlik tweede en vyfde.

Op die eerste dag van die byeenkoms het Marli ‘n elfde plek behaal in haar uitdun met die diskus met ‘n afstand van 43.62m.

Marli se persoonlike beste afstand het sy vroeër vanjaar tydens die ASA kampioenskappe in Bloemfontein behaal toe sy die 0/18 SA diskusrekord gebreek het met ‘n gooi van 51.63m.

By die IAAF in Italië is die eerste plek in die diskus behaal deur ‘n Chinese atleet, Ma Xuejun, met ‘n afstand van 57.85m met haar eerste gooi. Suid-Afrika het twee goue en vier silwer medaljes huis toe gebring, wat ‘n sesde plek op die medaljelys beteken. Die VSA was eerste met 19 medaljes. Dit is interessant om daarop te let dat die Suid-Afrikaanse atlete op die nippertjie gearriveer het, terwyl ‘n span soos dié van die VSA gesorg het dat hulle drie weke tevore reeds in Europa was om gereed te wees vir die byeenkoms.

By hierdie byeenkoms het Marli baie goeie ondervinding opgedoen. Oor twee jaar kry dié spogatleet van Hoërskool Louis Trichardt weer ‘n kans wanneer sy as agtienjarige aan die Wêreld Junior Kampioenskappe sal deelneem. Vir hierdie jaar lê nou nog ook die Commonwealth Jeugspele vir Marli voor wat in Australië van 28 November tot 3 Desember aangebied word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines