

ADVERTISEMENT:

Daar sal seker meer mense begin draf as hulle só kon draf. Hierdie Triegie Welpies (Graad 8’s) is verlede Vrydag week afgeneem waar hulle een van die matrieks gehelp het om Hoërskool Louis Trichardt se jaarlikse pretdraf in gemak af te lê.
Sport Date: 23 January 2015
Leerlinge van die Hoërskool Louis Trichardt het verlede Vrydag (16de) die litte los gemaak na die lang Desembervakansie met ‘n pretdraf. Ten spyte van die snikkende hitte was daar baie glimlagte en lawwigheid te sien.
Dié geleentheid is al tradisie by die skool en vir die nuwe klomp Graad 8’s is dit die eerste ampetlik byeenkoms wat hulle by die hoërskool meemaak. Elke kind in die skool moet deelneem, alhoewel nie almal nouwendig hoef te draf nie.

ADVERTISEMENT:
