ADVERTISEMENT:

 

Ruzanne (links) en Odette Kloppers is die tweede beste jukskei dubbelpaar in die land in die dogters O/14-afdeling. Ruzanne was ook kaptein van die Noordstreekspan wat ‘n goue medalje ingepalm het.

Ruzanne en Odette tweede beste O/14's in land

 

Sport  Date: 04 February 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Ruzanne en Odette Kloppers is die tweede beste jukskei dubbelpaar in die land in die dogters O/14-afdeling.

Ruzanne en Odette het hierdie onderskeiding behaal tydens die Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe in Kroonstad van 4 tot 7 Desember verlede jaar.

Buiten hierdie silwer medalje, het die Kloppers dogters nog ‘n silwer medalje ingepalm as lede van die Limpopo dogters O/14-span. Die Limpopo span bestaan uit vier lede, waaronder Ruzanne en Odette. Hul span het die goud met ‘n halfpunt gemis. Die vorige jaar was hulle ook tweede, maar met 24 punte.

Daarna is Ruzanne verkies as kaptein van die Noordstreekspan, wat Limpopo, Mpumalanga, Noord-Gauteng, Gauteng, Suid-Gauteng, Oos-Gauteng en Noordwes insluit. Hierdie keer het die goue medalje haar nie ontwyk nie en het die Noordstreekspan oortuigend die toernooi gewen.

Ruzanne het verder die eer te beurt geval om verkies te word vir die Suid-Afrikaanse Reserwespan.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines