ADVERTISEMENT:

 

Leonie van Nieuwenhuizen en haar twaalfjarige dogter, Lanél, kort nadat hulle die eindstreep oorgesteek het.

Ma en dogter wys hul slag by Fauresmith

 

Sport  Date: 30 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Blydskap, teleurstelling en gelukwense het weereens vanjaar se moordende 201 kilometer Fauresmith-uithourit gekenmerk, waar ruiter en perd tot op die uiterste beproef word.

Dit was vanjaar die 31ste keer dat dié nasionale uithourit aangebied is en is gehou vanaf 6 tot 8 Julie.

Spanne van Namibië en Botswana het ingeskryf en daar was ook deelnemers vanaf Australië, Duitsland en die Verenigde Arabiese Emirate. Van die 270 deelnemers van die uithourit begin het, kon slegs 176 die rit voltooi.

Twee plaaslike ruiters, die ma-en-dogter span bestaande uit Leonie en Lanél (12) van Nieuwenhuizen, het ook gekwalifiseer om aan die uithourit deel te neem. Keuring vir deelname aan dié uithourit is uiters streng, vir beide ruiter en perd.

Leonie behaal ‘n algehele 47ste plek in die standaard-afdeling, terwyl Lanél ‘n algehele tiende plek in haar afdeling behaal uit 27 ruiters.

Die Fauresmith-uithourit word geag as een van die wêreld se moeilikste uithouritte. Dit gaan gepaard met ure se voorbereiding vir perd en ruiter. Kophou, konsentrasie en tegniek is van uiterste belang tydens die rit.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines