ADVERTISEMENT:

 

Wors Mulaudzi van Hoërskool Louis Trichardt onderskep die bal by die Nylstroom-span. Triegies se span verloor naelskraap 20-15. Foto verskaf.

Triegies en Nylstroom kruis swaarde

 

Sport  Date: 20 March 2015

 

Louis Trichardt Hoërskool het die afgelope naweek swaarde ge­kruis met Nylstroom Hoërskool. Nylstroom het hul tuisveld verdedig en Triegies moes op die rugbyfront die knie buig.

Die O/15-span speel gelykop 5-5, terwyl die eerstespan naelskraap 20-15 verloor.  Triegies se hokkiespanne het gelukkig vir Nylstroom in eie munt terugbetaal met hulle skitterende spel. Die eerstespan wen hul wedstryd 3-2, terwyl die O/15’s 6-0 wen en die O/14’s 1-0.

Die junior en senior sokkerspanne van Triegies wen ook hul wedstryde, albei 2-1.

By die netbal het Triegies opgemaak vir die verloor teen Hoërskool Ellisras. Die O/14-span wen 7-3, die O/15’s 5-4 en die O/16’s 7-6.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines