ADVERTISEMENT:

 

 Erik Welman en Ronel Welman.

Ma en seun Lim-kampioene

 

Sport  Date: 20 March 2015

 

Die Soutpansberg Muurbalklub in Louis Trichardt het die afgelope naweek gasheer gespeel vir die jaarlikse Limpopo Muurbal Kampioenskappe.

Die toernooi is gekenmerk deur uitstaande gehalte muurbal, met spelers van Tzaneen, Polokwane, Mokopane, Mogol en Louis Trichardt wat meegeding het. Die vroue-afdeling is gewen deur Ronel Welman (Louis Trichardt) met Karen Claasen (Tzaneen) as naaswenner. In die mans-afdeling het twee talentvolle jong spelers, Erik Welman (Louis Trichardt) en Tyrone Daniels (Mogol), in die finaal teen mekaar te staan gekom.

Erik tree as wenner uit die stryd. Die klub het hul dank uitgespreek teenoor Hi Q en al hul ander borge, elke komiteelid, speler, werker en kosmaker wat van die toernooi ‘n sukses gemaak het. Foto verskaf.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines