ADVERTISEMENT:

 

Noordelikes II op die aanval tydens hul kragmeting teen Louis Trichardt se tweedes die afgelope naweek, tydens die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag. Noordelikes II het die druk volgehou en dié wedstryd 20-3 gewen.

Fees van rugby tydens Conway RugbyDay

 

Sport  Date: 18 March 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Fees van rugby is die afgelope naweek opgedis tydens die hou van die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag.

Al die wedstryde wat die dag gespeel is, was amptelike ligabepalings wat volgens baie mense die standaard van die rugby baie verbeter het.

Gashere Louis Trichardt het hul dag op ‘n goeie noot begin toe Louis Trichardt III (Blouberg) 18-5 afgereken het met Noordelikes III. Louis Trichardt II was minder suksesvol en het 3-20 teen Noordelikes II verloor, waarna Louis Trichardt se eerstes weer die dorp se eer herstel het met ‘n oortuigende 39-15 oorwinning oor Noordelikes I. Ander spanne wat die dag sake uitgespook het was Musina en Levubu.

Die beste derdespanspeler van die dag was Tyman Jongbloed van Louis Trichardt III (Blouberg), terwyl Armand Roets (Messina) die beste tweedespanspeler van die dag was. Die beste eerstespanspeler van die dag was Stefan Otto van Louis Trichardt. Die Speler van die Dag was Karel Erasmus van Levubu, terwyl Noordelikes II aangewys is as die netjiesste span.

Eerskomende Saterdag sal die Louis Trichardt Rugbyklub te staan kom teen Bosveld in ‘n wegkragmeting op Hoedspruit.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines